Kidz & Tieners
Die kinderbediening by Noordwyk word deur ‘n passievolle groep ouers aangebied gedurende skooltermyn. Dit is ‘n entoesiastiese groep wat met ‘n liefde vir die Here, hul tyd gee, om die kinders van ons gemeente te dien. Dis vir ons belangrik om ons kultuur en geloof saam te kan uitleef in Engeland. Daar word iets relevant na die Sondagkool les tydens die diens vir die kinders aangebied, voor die kinders na hul klasse gaan.
Die groepe is opgedeel volgens ouderdomme om aan die kinders se verskillende behoeftes te voldoen.
Voorskool
-
Daar is speelgoed vir babas om mee te speel.
-
Doekruilfasiliteite is beskikbaar.
Kleuterkerk van Reception tot Jaar 4
-
Ons volg 'n uitgewerkte sondagskool program.
-
Dit word gevolg deur aktiwiteite wat by die les aanpas ... inkleur, spoeg en plak, speletjies.
-
Lessies word aangebied deur ’n span wat bestaan uit onderwysers / mammas
Kinderkerk van Jaar 5 tot Jaar 7
-
Sondagskool vind plaas tydens die oggenddiens
-
Ons volg 'n uitgewerkte sondagskool program,
-
Lesse word aangebied deur ’n span wat passievol is oor die kinders en Tieners in ons gemeente!
Tieners van Jaar 8 tot Jaar 10
-
Ons het 'n baie dinamiese Tiener bediening
-
Ons volg 'n uitgewerkte sondagskool program.
-
Tienerkerk vind plaas tydens die Erediens.
Belydenis klas
-
Ons volg 'n uitgewerkte program.
-
Belydenis klas vind plaas tna die Erediens.
LW: Alle volunteers is DBS goedgekeur. Click hier vir meer inligting daaroor.