Woorde wat bly 



Teks: “... want jy sal voor die Here uit gaan om sy pad gereed te maak” – Lukas 1:76 (AFR83)


Daar is iets besonders aan Sagaria se loflied. Terwyl hy God se groot dade deur die geskiedenis besing, draai hy skielik na sy pasgebore seuntjie, Johannes. En dan spreek hy hierdie aangrypende woorde (hierbo) oor sy kind se toekoms uit.

Dit het my laat dink aan die woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. 'n Ouer, onderwyser of vriend wie se woorde ons moed gegee het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank.

Netso onthou ander mense ook ons woorde.

Johannes het 'n besondere roeping gehad: om die pad vir Christus voor te berei.

En hoewel ons nie Johannes se unieke roeping deel nie, kan ons woorde steeds ander mense bemoedig, hulle geloof versterk en hulle help om Christus raak te sien.

Dalk is die vraag vandag, nie net watter woorde ek onthou nie, maar eerder: watter woorde ander mense eendag van my sal onthou.

Kom ons bid: Here, help my om vandag woorde te spreek wat opbou, moed gee, lig bring en iets van u liefde weerspieël. Amen.

🎄 Kerssangdienste: Ons nooi julle hartlik uit om saam te kom sing en die wonder van Christus se geboorte te vier 13 Desember in Theydon Bois.
Koop hier jou kaartjie

Sien jou daar. Andrè

 


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...