Wese van goeie dade
Deuteronomium 6:1-4
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. Vanuit hierdie verhouding kry ons geloofslewe vorm in die praktyk van elke dag. In my ken en liefhê van God, is my vertroue in Hom ge-anker – ek kan my hele lewe aan Hom toevertrou.
In normale omstandighede vertrou ons maklik. Wanneer ons egter in nood is en Hom die nodigste het, twyfel ons baie keer en maak ons staat op ons eie vermoëns, of soek ons hulp weg van God af. Dit is juis in hierdie omstandighede dat ek deur geloof moet en kan vashou aan God en Sy belofte: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld (Matt 28:20).
God is onveranderlik en standhoudend. Die Here se liefde vir jou en my as mens is deur Christus bevestig. Daarom kan ek saam met die Psalmdigter my voluit in die hand van die lewende God oorgee: Ek hou vas aan U troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het (Ps 13:6).
God gee om. Gaan doen jy ook so.
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|