We will remember Them


We Will Remember Them – Alles in Herinnering | Armistice Day – 11 November 2026

Teks:
“Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.” – Matteus 5:9 (AFR83)
 
Vandag, presies om 11:00, word ons hier in Brittanje uitgenooi om vir twee minute stil te word.
Om te onthou. Om dankie te sê. Om te dink aan die mense wat hulle lewens verloor het en dié wat steeds met die gevolge van oorlog en konflik saamleef.

In Mei 1915, tydens die Eerste Wêreldoorlog, het die Kanadese dokter en soldaat John McCrae ná die dood van 'n vriend hierdie aangrypende gedig geskryf.
 
In Flanders Fields
Lieutenant-Colonel John McCrae (1915)

In Flanders fields the poppies blow
Between the crosses, row on row,
That mark our place; and in the sky
The larks, still bravely singing, fly
Scarce heard amid the guns below.


We are the Dead. Short days ago
We lived, felt dawn, saw sunset glow,
Loved and were loved, and now we lie
In Flanders fields.


Take up our quarrel with the foe:
To you from failing hands we throw
The torch; be yours to hold it high.
If ye break faith with us who die
We shall not sleep, though poppies grow
In Flanders fields.

 
Vandag onthou ons nie net die verlede nie. Ons word ook herinner aan ons verantwoordelikheid teenoor die lewendes en die geslagte wat ná ons kom.

Jesus het immers gesê: “Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.” – Matteus 5:9 (AFR83)

We will remember them.
 
Gebed:
Here, ons onthou vandag met dankbaarheid en hartseer. Troos dié wat verlies dra. Leer ons om vrede te soek, menswaardigheid te beskerm en met liefde teenoor mekaar te leef. Amen.
 
Geseënde week.
André

 

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...