Die wonder op jou bedkassie.


Teks: Psalm 119:17-18
17 Wees goed vir u dienskneg, dan kan ek lewe en u woord nakom. 18 Maak oop my oë, sodat ek die wonders uit u wet kan raaksien.
  
Daar is waarskynlik ’n Bybel êrens naby jou. Op ’n boekrak. Langs jou bed. Op jou foon. Dalk selfs verskeie vertalings. En juis daarom kan dit maklik gewoon word.

Psalm 119 bevat ’n pragtige gebed:
“Maak oop my oë, sodat ek die wonders uit u wet kan raaksien.” — Psalm 119:18, AFR20
Let mooi op wat daar staan: die digter vra nie vir nuwe woorde van God nie. Die Woord is reeds daar. Hy vra vir nuwe oë om te sien wat reeds voor hom lê.
 
Dit sluit besonder mooi aan by ons Oktober-tema. Dankbaarheid gaan nie altyd daaroor om iets nuuts te ontvang nie. Soms gaan dit daaroor om weer die wonder raak te sien van iets wat ons lankal ontvang het.

God het Homself nie verborge gehou, of weggesteek nie. Ons hoef nie te raai wie Hy is of hoe Hy met mense omgaan nie. Ons kan lees, luister, oordink, vra, ontdek en Hom leer ken.
En tog kan die Bybel so maklik net nog ’n boek op die rak of kassie word.

Komende Sondag is Bible Sunday. Dalk kan ons onsself eenvoudig opnuut afvra: Wanneer laas was ek dankbaar vir God se Woord?
 
Hierdie week: Maak jou Bybel oop voordat jy jou foon oopmaak — al is dit net vir ’n paar minute. Lees stadig. Kyk nuut.

Gebed: Here, dankie dat U met ons praat. Maak my oë oop om die wonder van U Woord weer raak te sien. Gee my ’n hart wat luister en ’n lewe wat antwoord. Amen.


Geseënde week.
André

 

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...