Dankie vóór alles reg is



Teks: Filippense 4:6

6 Moet oor niks bekommerd wees nie, maar maak in alles julle versoeke deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend. 7 En die vrede van God, wat alle begrip oortref, sal in •Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak..

Ons sê maklik: “Ek sal dankbaar wees as…” As die uitslae goed is. As die probleem opgelos is. As dinge by die werk rustiger raak. As die kinders regkom. As ons net eers deur hierdie seisoen is.

Maar Paulus plaas dankbaarheid op ’n vreemde plek: tussen bekommernis en gebed.

“...maak in alles julle versoeke deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend.” – Filippense 4:6, AFR20, verkorte woordelikse aanhaling

Vir Paulus beteken dankbaarheid dus nie: ek sê “dankie“ dat alles goed gaan nie. Dit vra ook nie dat ons pyn, verlies of onsekerheid moet ontken nie. Dit beteken eerder dat ek, selfs terwyl ek vra en worstel, terwyl ek swoeg en sweet, sal onthou – met Wie ek praat.


Dit is juis waar dankbaarheid begin: nie wanneer my omstandighede verander nie, of die situasie beter word nie; dit begin wanneer ek anders na dieselfde situasie kyk.

Ek en jy kan vandag eerlik sê: “Here, hierdie maak my bekommerd...” én steeds byvoeg: “Maar dankie dat ek dit nie alleen hoef te dra nie.”

Daarom sê Paulus, is die gevolg of resultaat nie noodwendig onmiddellike antwoorde nie, maar God se vrede wat oor ons harte en gedagtes waak.

In hierdie week: Wanneer iets jou bekommer, probeer om saam met jou gebed en versoek, ook één rede vir dankbaarheid voor God te noem.

Gebed: Here, ek bring vandag my bekommernisse na U. Dankie dat U reeds daar is voordat alles uitgesorteer is. Leer my om ook in onsekerheid op U te vertrou. Amen.

Seënwense,
André


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...