IN Balans met God


 Teks: Psalm 23:2-3
“Hy laat my rus in groen weivelde … Hy gee my nuwe krag.”

Rus is nie bloot om vir ’n rukkie niks te doen nie. Ware rus herstel iets in ons. Dit gee ons liggaam kans om te genees, ons gedagtes kans om helder te word en ons harte kans om weer asem te haal.

Psalm 23 wys dat hierdie herstel nie net uit onsself kom nie. Die Herder lei, laat rus en gee nuwe krag. Die skape hoef nie self die groen weiveld te soek nie, hulle rus in die weiveld wat die herder voorsien.

Ons probeer dikwels rus verdien deur eers alles klaar te maak. Maar sommige take sal môre nog daar wees. Soms is dit die beste om op te hou, om te slaap om te bid of rustig saam met geliefdes tyd te spandeer.

God herstel ons nie net sodat ons beter kan presteer nie, maar sodat ons voluit kan leef in Sy teenwoordigheid.

Gebed:
Herder van my lewe, lei my na u waters van vrede en herstel my krag.
Amen.

Andre
 

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...