Christus, die Lig van die wêreld


Teks: Johannes 8:12
“Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal beslis nie in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”
  
Christus bring nie net ’n bietjie kleur terug in ons lewe nie; Hy bring lig. En waar sy lig skyn, begin ons weer anders sien.
 
Dit is soos wit lig wat deur ’n prisma skyn. Die lig lyk aanvanklik eenvoudig en eenvormig, maar wanneer dit deur die prisma beweeg, word dit opgebreek in ’n hele spektrum van helder kleure. Dié prosesê word dispersie genoem. Wat reeds in die lig teenwoordig was, word sigbaar.
 
Só is dit ook met Christus. In Hom sien ons die volle heerlikheid van God se genade. Ons sien God nie meer as vêr of koud nie, maar as Vader. Ons sien onsself nie net deur skuld of mislukking nie, maar deur genade. Ons sien ander mense nie meer net as probleme nie, maar as mense vir wie Christus ook gekom het.
 
In Christus kry die lewe weer sy ware kleur.
 
Gebed:
Here Jesus, wees vandag my lig. Help my om U te volg en alles in u genade raak te sien. Amen.

Andre

 

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...