Vernuwing van ons lewe



Teks: 2 Korintiërs 5:17
“Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby; die nuwe het gekom.”
 
Vernuwing bly nie binne-in ons vasgevang nie. Wat God in my gees, denke en hart doen, begin uiteindelik uitvloei in my lewe: in my woorde, gewoontes, verhoudings, prioriteite en roeping.
 
’n Vernuwe lewe beteken nie ’n perfekte lewe nie. Dit beteken ’n lewe wat weer en weer terugdraai na Christus. ’n Lewe wat leer om genade te ontvang en genade te gee. ’n Lewe waar geloof nie net bely word nie, maar sigbaar word in liefde, diens, vergifnis, moed en gehoorsaamheid.

Eugene Peterson beskryf dissipelskap as “a long obedience in the same direction.” Hy wil ons daardeur herinner dat dissipelskap nie ’n vinnige geestelike ervaring is nie, maar ’n geduldige pad van groei, gehoorsaamheid en heiligheid. Dit is dikwels presies hoe vernuwing werk: nie altyd dramaties nie, maar daagliks; nie altyd vinnig nie, maar getrou.
 
Alles in Liefde, Alles in Genade, Alles in Christus, Alles in Geloof — dit alles loop uit in Vernuwing. Christus maak ons nuut, sodat ons nuut kan leef: met ons hart, mond, oë, verstand en hele lewe.
 
Gebed:
Here Jesus, maak my hele lewe nuut. Laat my geloof vandag sigbaar word in liefde. Amen.
 
Geseënde week en sien jou Sondag by die kerk.
Andre
 
 



 


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...