Geloof in die Spanning


Teks:  Markus 9:24 — “Ek glo! Help my in my ongeloof!”
 
Daar is min gebede in die Bybel wat so eerlik is soos hierdie een. ’n Pa staan voor Jesus met sy seun se nood, maar ook met sy eie innerlike spanning: “Ek glo! Help my in my ongeloof!”
Dit is nie ’n netjiese geloofsbelydenis nie. Dit is ’n gebed uit die werklikheid van ’n mens se hart.
 
Ons ken daardie spanning. Ons glo, maar ons wonder ook. Ons vertrou, maar ons vra ook. Ons leef in ’n wêreld waar geloof en wetenskap dikwels onnodig teenoor mekaar gestel word — asof jy óf moet dink, óf moet glo. Maar geloof vra nie dat ons ons verstand afskakel nie. Geloof vra dat ons met ons hele lewe voor God kom staan: met ons kennis, vrae, vrese, pyn en hoop.
 
Die Pa in Markus 9 doen presies dit. Hy probeer nie sy “ongeloof“ wegsteek nie. Hy bring dit na Jesus toe. En juis daar begin geloof weer asemhaal en nuut lewe.
Miskien is ware geloof nie altyd om sonder twyfel te wees nie, maar om eerder met jou twyfel en worsteling, eerlik na die regte Een toe te gaan.
 
Gebed:
Here Jesus, ek glo.
Help my waar ek twyfel. Neem my vrae, vrese en onsekerheid, en leer my om U dieper te vertrou.
Amen.

 
Geseënde week.
Andre

 

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...