Skakels van Geloof.


Teks: Hebreërs 11:1 (Afr 83)
 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

Ons almal ken die waarde van ’n sterk ketting – of dit nou ’n fiets-slot by die stasie is, ’n veiligheidshek, of iets wat vasgemaak moet word teen wind en weer. ‘n Ketting gaan gepaard met ‘n verwagting van onbreekbaarheid. Maar ’n ketting is ook net so sterk soos sy skakels.

 Ds Piet van der Merwe gebruik die beeld van ‘n ketting om ons mooi te help dink oor geloof: ware geloof is soos ’n ketting met twee skakels... Die eerste skakel is kennis: God het gepraat. Hy het Homself in Sy Woord bekend gemaak. Ons glo nie in ’n vae idee of ’n onbekende mag nie; ons glo in die lewende God wat doen wat Hy sê en doen wat Hy beloof.

Die tweede skakel is vertroue. Dit is nie genoeg om net van God te weet nie. Geloof beteken ek vertrou Hom met my lewe. Ek glo dat Sy Genade in Christus ook vir my is. Ons kry vrede en rus daarin dat niks my van God se liefde kan skei nie. In die ketting van geloof lei kennis tot sekerheid, en vertroue word oortuiging –  alles omdat God gepraat het.

Môre is Hemelvaartsdag. Met Hemelvaart word hierdie skakels van geloof nog sterker verbind. Ons geloof in Christus rus nie op wat ons nou met ons oë sien nie, maar op wat God in Sy Woord aan ons bekend gemaak het. Ons sekerheid is in Christus – Hy is verhoog en sit aan die regterhand van die Vader. Ons oortuiging word die manier waarop ons leef: nie deur sien nie, maar deur geloof – met die wete dat ons Here oor ons lewens, ons gemeente en ons wêreld regeer.

 Gebed:
Here, dankie dat U Uself aan ons bekend maak. Gee vir ons kennis van u Woord en vaste vertroue in U genade. Amen.

 Geseënde Hemelvaartsdag!  Ek sien uit om Sondag saam met jou, by die erediens, in aanbidding God te loof en te prys!

Andrè
                     

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...