Alles IN Christus



Hier op die eiland van Brittanje, leer die weer ons iets van geloof: party oggende breek die son deur, en ander dae hang die wolke laag en swaar. Só voel ons hart ook soms. Daar is dae van helder vertroue – en dae van vrae, wag en twyfel. Geloof beweeg nie altyd in ’n reguit lyn nie; partykeer swaai dit soos ’n pendulum.
 
Dit sien ons ook by Abram. God het belowe, maar die wagtyd het lank geraak. Toe probeer Abram en Sarai self ’n uitweg maak.

Dr FJ Boshoff skryf treffend: “Ons kry hier die versekering dat al twyfel ons ook en al dwaal ons ook hóé ver af, die Here ons van daar af weer by Hom kan uitbring, want God hoor vandag nog.”

Hierdie waarheid gee moed. Twyfel is nie die einde van geloof nie. Dit kan juis die plek word waar die Here ons weer terugroep.
 
In ’n wêreld vol onsekerheid, druk en selfvertroue, bly geloof ons help om terug te swaai na God toe – om weer te hoor, weer te vertrou, weer vas te hou. Alles in Geloof beteken nie ons twyfel nooit nie; dit beteken ons keer telkens terug na die Here wat getrou bly.
 
Gebed:
Here, wanneer my hart heen en weer swaai tussen geloof en twyfel, hou U my vas. Bring my telkens terug na U toe. Leer my om U te vertrou, ook in wagtye. Amen.
 
Sien uit om Sondag saam met jou, by die Erediens, in aanbidding tot God te tree!
Andre



 


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...