Geloofspendulum.


Teks: Genesis 16:1-16

Hier op die eiland van Brittanje, leer die weer ons iets van geloof: party oggende breek die son deur, en ander dae hang die wolke laag en swaar. Soms voel ons harte ook so. Daar is dae van helder vertroue – en dae van vrae, wag en twyfel. Geloof beweeg nie altyd in ’n reguit lyn nie; partykeer swaai dit soos ’n pendulum.

 Dit sien ons ook by Abram. God het belowe, maar die wagtyd het lank geraak. Toe probeer Abram en Sarai self ’n uitweg maak. Dr FJ Boshoff skryf treffend: “Ons kry hier die versekering dat al twyfel ons ook en al dwaal ons ook hóé ver af, die Here ons van daar af weer by Hom kan uitbring, want God hoor vandag nog.” Hierdie waarheid gee moed. Twyfel is nie die einde van geloof nie. Dit kan juis die plek word waar die Here ons weer terugroep.

 In ’n wêreld vol onsekerheid en druk, help geloof ons om terug te swaai na God toe – om weer te hoor, weer te vertrou, weer vas te hou. 'Alles in Geloof ' beteken nie ons twyfel nooit nie; dit beteken ons keer telkens terug na die Here wat getrou bly.

Gebed:
Here, wanneer my hart heen en weer swaai tussen geloof en twyfel, hou U my vas. Bring my telkens terug na U toe. Leer my om U te vertrou, ook in wagtye.
Amen.
 
Andrè
                     

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...