Alles In Christus.
Teks: Kolossense 1:15–20
Wanneer ons sê 'Alles In Christus', bedoel ons veel meer as net dat Jesus belangrik is. Ons bedoel: Hy is die Middelpunt, die Bron, die Inhoud en die Doel van ons lewe. Hy is nie net iemand wat vir ons iets gee nie; Hy is self die gawe.
Kolossense herinner ons daaraan dat alles deur Hom en tot Hom geskep is, en dat alles in Hom standhou. Daarom is geloof nie net ’n paar waarhede oor Jesus nie — dit is ’n lewe in Jesus.
Wie is Jesus Christus?
Hy is die beeld van die onsienlike God, die gekruisigde en opgestane Here, die Een in wie God Homself volledig aan ons bekend maak.
Wat beteken Hy vir jou as gelowige?
Vergifnis, versoening, vrede, identiteit, hoop en ’n nuwe toekoms.
Wat hou die lewe in Christus vir ons in?
Dat ons nie meer aan onsself behoort nie; dat ons nie alleen deur swaar, sonde of dood hoef te gaan nie; dat Sy teenwoordigheid ons werklikheid word en Sy lewe ons lewe begin vorm.
Jesus Chrisus se opstanding het die wêreld se geskiedenis verander, en die nuwe lewe word reeds nou in elke gelowige sigbaar. Pous Franciskus skryf: “
Christ is alive! He is our hope.”
Dít is die hart van ons maand-tema. Alles in Christus beteken: in Hom sien ons God, deur Hom leef ons, en na Hom beweeg ons hele bestaan.
Gebed:
Here Jesus Christus, dankie dat U nie net deel van ons lewe is nie, maar die Middelpunt daarvan. Leer ons om in U te bly, uit U te leef, en al hoe meer te ontdek dat alles wat werklik saak maak, in U gevind word. Amen.
Seënwense,
Andrè
| Ysterklippe en veldblomme. | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid. | | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Woorde wat bly | | Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank.
More ...
|
|
| Winde van verandering. | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|