Sonder Christus.


Teks: Johannes 14:6

 

 Ons dink maklik aan die Christelike lewe as iets moois, iets opbouends, iets wat ons help om beter te leef. Maar min van ons staan regtig stil by die ander kant van die waarheid: hoe sou die lewe lyk sonder Christus? Nie net sonder godsdiens nie, maar sonder die werklikheid van Jesus self.
 
Sonder Christus is daar geen weg na die Vader.
Sonder Christus is daar geen ewige lewe.
Sonder Christus is daar geen waarheid.
Sonder Christus is daar geen ware vrede.
Sonder Christus is daar geen ware versoening.
Sonder Christus is daar geen vergifnis.
Sonder Christus is daar geen Voorspraak.
Sonder Christus is daar geen gemoedsrus.
Sonder Christus is ons brandarm, en is daar uiteindelik geen ware geluk nie.

Sonder Christus is daar geen lewe.   – Ds Flip Snyders
 
Dít is die skrikwekkende leemte van ’n wêreld waar die kruis nie tel nie en die leë graf niks beteken nie. Jesus se opstanding is nie net ’n troosgedagte nie, dit is God se beslissende antwoord oor die kruisdood en ons enigste hoop op nuwe lewe.

 Maar die evangelie los ons nie daar nie. Jesus sê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe.” In Hom kry gelowige sondaars toegang, waarheid, vrede en ‘n toekoms. Max Lucado stel dit treffend: “Christ is the reward of Christianity.”

Die vraag is dus nie net of ’n Christelike lewe saak maak nie. Die dieper vraag is: wat het ons, wáárlik, as ons Christus nie het nie? En die antwoord is: niks wat ewig hou nie.
 
Gebed:

Here Jesus, dankie dat ons nie sonder U hoef te leef nie. Bewaar ons daarvan om u genade as vanselfsprekend te aanvaar. Laat ons die rykdom van lewe in U nuut raaksien en met dankbaarheid daarin leef.  Amen.
 
Seënwense,
Andrè
                     

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...