God se liefde raak die wêreld deur ons.


Teks: 1 Johannes 3:16–18
Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê. Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie – hoe kan die liefde van God in hom wees? 18Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.

Michelangelo se "hand of God" skildery in die 'Sixtynse Kapel' beeld treffend uit hoe God lewe gee aan Adam. Ná Paasfees hoor ons duidelik: God gee waarlik lewe. Op Golgota het God Sy liefde bewys, en by die leë graf het Hy gewys dat hierdie liefde nie vassteek in die dood nie. Die kruis sê: God het lief. Die opstanding sê: daardie liefde leef, werk en beweeg steeds.

 Daarom sê 1 Johannes dat ons nie net oor liefde moet praat nie, maar dat liefde “met daad en in waarheid” sigbaar moet word. In Christus bly liefde nooit net ’n idee of gevoel nie. By Jesus word liefde konkreet: Hy gee Homself; Hy dra sondes; Hy maak nuut. In Jesus word God se liefde nie net gesê nie, maar gedoen.

Daardie liefde raak óns aan - sodat ons die wêreld daarmee kan aanraak. In jou huis. In jou werk. In jou reaksie, jou geduld, jou diens, jou vergifnis. In ons gemeente.

 Pous Franciskus skryf treffend: “Love has no alibi.”  Christus se liefde stop nie by ons nie; dit vloei deur ons. Alles In Christus.

 Gebed:
Here Jesus, dankie dat U u liefde aan die kruis bewys het en deur U opstanding lewend hou. Raak my hart opnuut aan, dat U liefde deur my hande, my woorde en my lewe sigbaar sal word. Amen.

Seënwense,
Andrè
                     

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...