God se liefde raak die wêreld deur ons 

 
Teks: 1 Johannes 3:16-18

Michaelangelo se "hand of God" skildery in die Sixtynse Kapel beeld treffend uit hoe God lewe gee an Adam. Ná Paasfees hoor ons duidelik: God gee waarlik lewe. Op Golgota het God sy liefde bewys, en by die leë graf het Hy gewys dat hierdie liefde nie vassteek in die dood nie. Die kruis sê: God het lief. Die opstanding sê: daardie liefde leef, werk en beweeg steeds. 

Daarom sê 1 Johannes, nie net dat ons oor liefde moet praat nie, maar dat liefde “met daad en in waarheid” sigbaar moet word. In Christus bly liefde nooit net ’n idee of gevoel nie. By Jesus word liefde konkreet: Hy gee Homself; Hy dra sondes; Hy maak nuut. In Jesus word God se liefde nie net gesê nie, maar gedoen.
 
Nou raak daardie liefde óns aan - sodat ons die wêreld daarmee kan aanraak. In jou huis. In jou werk. In jou reaksie, jou geduld, jou diens, jou vergifnis. In ons gemeente. 

Pous Franciskus skryf treffend: “Love has no alibi.”  Christus se liefde stop nie by ons nie; dit vloei deur ons. Alles is in Christus.

Gebed:
Here Jesus, dankie dat U u liefde aan die kruis bewys het en deur U opstanding lewend hou. Raak my hart oonuut aan, dat U liefde deur my hande, my woorde en my lewe sigbaar sal word. Amen.


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...