Jesus se teenwoordigheid- jou werklikheid.


Teksvers:  Matteus 28:20 (Afr 20)“En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Dit is die week ná Paasfees.

Die opgewondenheid van Paassondag het effens bedaar, die sjokolade-eiers is amper op, en die gewone ritme van die lewe druk weer teen ons. Die betekenis van Paasfees lê juis in Alles In Christus, want Sy teenwoordigheid is my en jou werklikheid.

 Jesus het nie net opgestaan uit die dood om vir ons ’n mooi herinnering te los nie. Hy leef, en daarom is Hy nie net deel van ons verlede of ons hoop vir eendag nie — Hy is by ons.... Daarom sê Hy:
“En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” (Matteus 28:20, AFR20).
In Christus leef ons nie alleen nie. Ons werk, bekommernisse, besluite en selfs ons moegheid speel af in die ruimte van Sy teenwoordigheid.

Max Lucado skryf treffend:
“Not just ‘God made us’ or ‘God thinks about us.’ Not just ‘God above us.’ But God with us…God where we are.”
 
Dit is Paasfees se werklikheid: nie net dat Christus leef nie, maar dat Hy by jou leef.

Sy teenwoordigheid is nie ’n gevoel wat kom en gaan nie. Dit is die waarheid waarin jy vandag mag staan, en wat jou en my help staan wanneer die lewe se winde teen ons waai.

Gebed:
Here Jesus, dankie dat U nie ver bly nie, maar by ons is. Help my om vandag bewus te leef van u teenwoordigheid — in my vreugdes, my laste en my gewone take. Laat ek in Christus rus en uit Christus leef. Amen.
 
Seënwense,
Andrè
                     

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...