Alles In Christus

 

Ons is in Heilige Week – die week voor Paasfees. Vandag is die Woensdag voor Goeie Vrydag – wat soms “Stil Woensdag” genoem word. Die Bybel sê nie baie oor wat Jesus Christus spesifiek op hierdie dag gedoen het nie. En dalk is dit juis die punt. Na die tempel, die gesprekke, die konfrontasies… word dit stil. ’n Stilte voor die kruis. ’n Stilte waarin alles op die spel is.

En dit is waar ons tema vir hierdie maand so kragtig word:  Alles In Christus.

Nie net Goeie Vrydag nie. Nie net Paassondag nie. Maar ook hierdie stil dag – waar God werk, selfs wanneer ons dit nie sien nie. Ted Peters verwoord dit soos volg: 'God se toekoms is nie net iets wat eendag kom nie – dit is reeds besig om nou te gebeur…in Christus.'

 Miskien is dit ook waar jy vandag staan: tussen vrae en antwoorde; tussen hoop en onsekerheid; tussen lyding en oorwinning; tussen die wêreld en die kruis. Die Evangelie wil daarom bevestig: In Christus is God reeds besig om jou toekoms vas te maak. So leef vandag in “stilte“, stadig, bewus, met oop harte.

Ek wil jou en jou gesin met opgewondenheid nooi:  Kom vier saam met ons Paasfees!  
op 12 April vanaf 09:00 in die Theydon Bois Village Hall.

Kom deel in God se genade – sigbaar, tasbaar, en ‘n werklikheid vir jou lewe.
Hier is plek vir jou en jou gesin. Hier is Alles in Christus vir elkeen wat Hom wil ken.

Mag hierdie Heilige Week vir jou nie net ’n herinnering wees nie, maar ’n ontmoeting....
In Christus.

Seënwense,Andrè
Gebedsversoeke


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...