Alles in Christus.


 Ons is in Heilige Week – die week voor Paasfees. Vandag is dit Woensdag voor Goeie Vrydag – wat soms “Stil Woensdag” genoem word.  Die Bybel sê nie baie oor wat Jesus Christus spesifiek op hierdie dag gedoen het nie. En dalk is dit juis die punt.Na die tempel, die gesprekke, die konfrontasies… word dit stil.  ’n Stilte voor die kruis.  ’n Stilte waarin alles op die spel is.

 En dit is waar ons tema vir hierdie maand so kragtig word:  Alles in Christus.
Nie net Goeie Vrydag nie. Nie net Paassondag nie.  Maar ook hierdie stil dag – waar God werk, selfs wanneer ons dit nie sien nie. Ted Peters verwoord dit soos volg: 'God se toekoms is nie net iets wat eendag kom nie – dit is reeds besig om nou te gebeur…in Christus.'

 Miskien is dit ook waar jy vandag staan: tussen vrae en antwoorde; tussen hoop en onsekerheid; tussen lyding en oorwinning; tussen die wêreld en die kruis. Die Evangelie wil daarom bevestig: In Christus is God reeds besig om jou toekoms vas te maak.  So leef vandag in “stilte“, stadig, bewus, met oop harte.

 Julle word uitgenooi na ons Nagmaalsdiens, Sondag 5 April om 10 uur by Bentley Heath Community Hall, Solihull, B93 9BQ. Kom vier saam met ons die opstanding van Christus in ’n warm en feestelike atmosfeer.
Na die diens eet en kuier ons saam. Bring asb ‘n bordjie met jou gunsteling soet- EN sout happies om te deel-onthou ook jou eie eetgerei. Daar sal koffie en tee wees. Indien moontlik, bring asb ’n paaseier of twee saam vir almal wat jonk van gees is, se 'paaseier-soektog.'

 Kom deel in God se genade – sigbaar, tasbaar, en ‘n werklikheid vir jou lewe.
Hier is plek vir jou en jou gesin. Hier is Alles in Christus vir elkeen wat Hom wil ken.

 Mag hierdie Heilige Week vir jou nie net ’n herinnering wees nie, maar ’n ontmoeting....
In Christus.

Seënwense,
Andrè
                     

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...