Genade wek genade.

 

Teks: Matteus 18:21-35

“...en vergeef ons ons skulde, soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree.” (Matteus 6:12)

Ons bid hierdie woorde so baie wanneer ons bid. Soms amper outomaties. Tog is dit een van die mees uitdagende sinne in die hele Onse Vader. Want wanneer Jesus ons leer bid oor vergifnis, herinner Hy ons aan ’n diep waarheid: genade wat ontvang word, kan nie opgesluit bly nie. Genade wek genade. Genade word geleef.

Die Heidelbergse Kategismus verduidelik hierdie bede treffend: “Reken ons, arme sondaars, al ons misdade… ter wille van die bloed van Christus, nie toe nie… en vind in ons ook hierdie bewys van U genade, dat ons die ernstige voorneme het om ons naaste van harte te vergewe.” (HK v/a 126). Hierdie woorde stel nie ’n voorwaarde vir God se vergifnis nie. Inteendeel, dit roep ons op tot eerlike selfondersoek, veral gedurende lydenstyd. Want waar God se genade werklik ons harte raak, gebeur iets merkwaardig: die begeerte groei om ook ander te vergewe. Soos die gelykenis in Matteus 18 wys, kan iemand wat self genade ontvang het, nie hard en ongenaakbaar bly nie.

Dit is juis die wonder van genade: dit verander mense. God se vergifnis maak ons nie net vry nie; dit maak ons ook anders. Dit maak ons sag genoeg om te vergewe – en sterk genoeg om vrede te soek. Daarom kan Paulus sê: “Deur die genade van God is ek wat ek is.” (1 Korintiërs 15:10).

Genade wek genade. Genade maak sag en sterk. Genade word geleef.

Here van genade, dankie dat U my vergewe. Werk deur U Gees in my hart dat ek ook ander met dieselfde genade kan vergewe. Amen.

Andre

 


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...