Genade Ontvang.


Teks: Romeine 7: 7-25

Alle mense is sondaars en verdien straf. Daarom leer Jesus ons om te bid: “Vergeef ons ons oortredinge...” Soos die Heidelbergse Kategismus, vraag en antwoord 126 verduidelik: Reken ons, arme sondaars, al ons misdade asook die boosheid wat ons nog aankleef, ter wille van die bloed van Christus, nie toe nie. Met hierdie bede leer Jesus ons om eerlik te wees oor onsself – om te erken dat ons sondaars is wat God se genade nodig het.

Romeine 7 beskryf hierdie werklikheid aangrypend. Paulus praat van die stryd in sy eie hart: “Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie; maar die kwaad wat ek nie wil doen nie, dit doen ek.” Dit is die verhaal van elke gelowige. Maar juis hier, waar ons ons eie onvermoë raaksien, begin die pad van Lydenstyd: ’n terugkeer na God. Ons kan niks doen om God se vergifnis te verdien nie. Daarom leer Jesus ons om van alle selfregverdiging afstand te doen en na Hom terug te draai – na die Een wat alleen sonde kan vergewe, maak nie saak hoe groot my skuld is nie.

Die groot wonder van die evangelie is dat God se genade ons vooruitgaan. Nog voordat ons vra, het Hy in Christus reeds voorsiening gemaak vir vergifnis. God vergewe volkome – nie omdat ons dit verdien nie, maar omdat Hy genadig is. Daarom kan ons telkens weer terugkeer na Hom. In Christus ontdek ons weer dat ons, ondanks ons gebrokenheid, geliefd en kosbaar vir God is. Soos 1 Korintiërs 13 ons herinner: God se liefde is groter as alles – selfs groter as geloof en hoop.
(gedeeltelike erkenning aan Ds H Aucamp)
 
Here, genadige Vader, ek keer vandag weer na U terug. Vergewe my, en laat my rus in U genade.
Amen.

 
Andrè
                     

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...