Genade Geskenk.

 
Teks: Joël 2:12–13
“Keer terug na My… Kom terug na die Here julle God, want Hy is genadig en barmhartig.”
 

Wanneer ons hoor dat iemand “omdraai” of “terugkeer” koppel ons een van twee sake daaraan – of die persoon(e) het voltooi wat hulle begin het, of hulle het gevaal in hul doelwit. Daarom dink ons “om terug te keer” beteken: eers regkom, eers beter wees, eers die hart skoonvee – dán kan ek na God toe gaan. Maar Lydenstyd begin presies anders om: jy kom soos jy is. Met jou stoflike wese, jou skuldige gewete, jou moegheid en halfhartige gebede. Jy kom… omdat God jou roep.
 
Joël se woorde is nie ’n dreigement nie; dis ’n uitnodiging met ’n rede: “want Hy is genadig.” Genade is nie God se bonus vir goeie mense nie – dis God se geskenk vir mense wat erken: “Ek het Hom nodig.” Martin Luther se laaste woorde was eenvoudig: “We are all beggars. This is true.” Dit is Lydenstyd in een sin: ons bedel nie om God sag te maak nie; ons bedel omdat Hy reeds sag is.
 
Vandag en hierdie week is ’n geleentheid vir ’n omdraai of wegdraai en eerlike terugdraai na God. Ek wil jou uitdaag: noem jou sonde op die naam, sonder verskonings – en lê dit in Christus se hande.
 
Komende Sondag is Moedersdag in die VK. Soos ’n moeder-hart se oop arms, is die kruis God se oop hart en groot “Welkom terug.”, “Keer terug – want Genade wag al lank”, ook vir jou.
  
Gebed :
Here, ek keer terug met ’n geskeurde hart. Vergewe my waar ek afgedwaal het, waar ek myself regverdig en U vermy. Was my skoon, en leer my om weer by U te rus. Amen.
 
Andre
 


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...