Alles in Genade

 

Teks: Psalm 32 en 51

In Afrikaans praat ons maklik oor genade. Ons hoor baie maal mense sê: “Genadiglik het ons oorleef” wanneer iets verregaande gebeur het; of “My genade – ek kan dit amper nie glo nie” wanneer hulle verbasing uitdruk; en natuurlik: “Dit is genade alleen dat dinge uitgewerk het” om hulle dankbaarheid te bevestig.

In die Bybel se Hebreeuse en Griekse tale is daar ses verskillende woorde wat almal met “genade” vertaal word. Die betekenis van hierdie woorde wissel van “guns” (Genesis 6:8) in die Ou Testament, tot “liefde” of “getrouheid” (wat verwys na die verbondsgenade van God), tot die “vrye geskenk” van God se liefde wat elke gelowige in die Nuwe Testament omvou.

In die Engelse taal word twee woorde gebruik: Grace en Mercy. Grace is the free, undeserved and unmerited favour or blessing of God – dit wat ons onder God se genade verstaan. Mercy is the compassion or forgiveness shown towards someone whom it is within one's power to punish or harm – dit wat ons barmhartigheid noem.

Psalm 32 en 51 beskryf hierdie genade van God. Die digter illustreer die wisselwerking tussen God se genade en barmhartigheid as die enigste antwoord, oplossing en genesing vir die mens se sonde en gebrokenheid.

Ons sonde en menslikheid is die een aspek van ons bestaan wat ons wegdruk van ’n volkome verhouding met God. Dit is juis vanweë God se genade dat ons onsself Christene en kinders van God kan noem. Dit is deur Sy barmhartigheid dat ons deel kry aan Sy liefde, verlossing en Koninkryk.

Ontvang daarom God se genade – in alles, onverdiend, maar vrylik aan jou geskenk.

Here van genade, dankie dat U my liefhet, nie oor wat ek verdien nie, maar oor wie U is. Help my om U genade vandag met ’n oop hart te ontvang en dit ook aan ander te wys. Amen.

Andre





 


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...