Alles in Sy Liefde
Teks: Johannes 3:16 –
“Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het…”
Alles begin hier – by God se Liefde.
Toe Jesus in Markus 12 gevra word wat die grootste gebod is, antwoord Hy eenvoudig: Om God lief te hê met jou hele hart, siel, verstand en krag — en jou naaste soos jouself.
Met jou hart – wys na jou diepste behoeftes en begeertes.
Met jou siel – wys heen na jou hele wese en persoon.
Met jou verstand – is jou denke en oortuigings.
Met jou krag – is jou dade en energie.
Dis totale liefde. Alles-in liefde. En tog baie keer so moeilik.
Johannes herinner ons: ons liefde begin nie by óns nie. Dit begin by God. Hy het eerste liefgehad. Só lief, dat Hy Sy Seun gegee het sodat ons kan lewe. Lydenstyd wys vir ons hoe vêr daardie liefde gaan — tot by ’n onverdiende kruis op Golgota.
Dit roep ons om daardie liefde terug te leef — na bo, na binne, en na buite.
Mag jy alles-in liefhê.
Andre
Vorige Briewe
| Ysterklippe en veldblomme | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid | | Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…. | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Winde van verandering | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| Wese van goeie dade | | Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat.
More ...
|
|
| |
|