Liefde wat Dra.


Teks: Jesaja 53:5 

“Hy was deurboor oor ons oortredinge… deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.”

Vandag begin ons Lydenstyd.

Veertig dae waarin die kerk stadiger loop. Dalk gee ons iets op – suiker, koffie, sosiale media. Dalk merk ons voorkoppe met as. Maar Lydenstyd gaan oor méér as simboliek. Dit gaan oor ’n hart wat weer leer kyk.
 Jesaja 53:5 maak duidelik: Die liefde van Christus is nie sag en sentimenteel nie. Dit is sterk genoeg om lyding te dra. God se liefde het nie weggekruip vir pyn nie – dit het mens geword, tussen ons kom woon, en uiteindelik ’n kruis gedra.

 Ons wêreld ken baie vorme van “liefde” – liedjies, emoji’s, beloftes wat maklik gemaak en maklik verbreek word. Maar Jesus wys vir ons ’n ander pad: om vyande lief te hê, om te vergewe, om te gee sonder terugverwagting, om lig te bring na donker plekke. Om in alles in Liefde te handel.

 Lydenstyd herinner ons: Liefde kos iets. Liefde is kosbaar. Liefde kan red.

 Mag hierdie veertig dae nie net ’n uiterlike opoffering wees nie, maar ’n innerlike verdieping – ’n terugkeer na die hart van God – om alles in liefde te leef.

Geseënde Lydenstyd.
Andrè
                     

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...