Eerste Liefde.
Teks: 1 Johannes 4:19 – “Ons het lief omdat Hy ons eerste liefgehad het.”
Valentynsdag word geassosieer met liefde. Mense vier liefde met blomme, sjokolade, kaartjies en woorde. Dit is veral die eerste gevoel van liefde wat ons anders laat dink, optree en praat. Alles in die naam van liefde.
Valentynsdag is ook ‘n geleentheid om verder te kyk as die oënskynlike verstaan en aard van liefde. Dit gee ons geleentheid om aan 'n groter geskenk te dink— God se liefde wat vlees geword het. God is liefde. Hy het ons eerste lief gehad sonder verdienste. Daarom sing ons oor Liefde – uit volle bors –
God is liefde,
Juig ons harte
En bedink wat liefde doen –
Dat Hy ons Sy Seun gestuur het
Om ons sondes te versoen.
God leer ons alles van Liefde. Hy gee ons die opdrag, om mekaar lief te hê, gevul met vergifnis, geduld en omgee. Alles in liefde. Dan kry die bekende aanhaling vir my en jou betekenis – “Love was not spoken in words alone — it was spoken in wood and nails.”
Mag jy God se liefde ervaar en deel.
Andrè
| Ysterklippe en veldblomme. | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid. | | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Woorde wat bly | | Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank.
More ...
|
|
| Winde van verandering. | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|