Eerste Liefde
Teks: 1 Johannes 4:19 – “Ons het lief omdat Hy ons eerste liefgehad het.”
Valentynsdag is ’n dag geassosieer met liefde. Mense vier liefde met blomme, sjokolades, kaartjies en woorde. Dit is veral die eerste gevoel van liefde wat ons anders laat dink, optree en praat. Alles in die naam van liefde.
Valentynsdag is ‘n geleentheid om verder te kyk as die oënskynlike verstaan en aard van liefde. Dit gee ons geleentheid om te dink aan ’n groter geskenk — God se liefde wat vlees geword het. God is liefde. Hy het ons eerste lief gehad sonder verdienste. Daarom sing ons oor Liefde – uit volle bors –
God is liefde,
Juig ons harte
En bedink wat liefde doen –
Dat Hy ons Sy Seun gestuur het
Om ons sondes te versoen.
God leer ons alles van die Liefde wat ons benodig. Hy gee ons instruksie om mekaar ook so lief te hê met vergifnis, geduld en omgee. Alles in liefde. Daarin kry die bekende aanhaling vir jou en my betekenis –
“Love was not spoken in words alone — it was spoken in wood and nails.”
Gelukkige en Valentsydag. Mag jy God se liefde ervaar en deel.
Andre
Vorige Briewe
| Ysterklippe en veldblomme | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid | | Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…. | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Winde van verandering | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| Wese van goeie dade | | Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat.
More ...
|
|
| |
|