Vraag oor die belangrike gebod

 
 
Teks: Markus 12:28-29 AFR20

Een van die skrifkenners wat hulle hoor redeneer het, het nader gekom. Toe hy sien dat Jesus hulle goed geantwoord het, vra hy Hom: “Watter gebod is die belangrikste van almal?” Jesus het geantwoord: “Die eerste is, ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here.


Wanneer ons hierdie vraag lees, is ons geneig om Jesus se eerste deel van Sy antwoord mis te lees: Luister...die Here ons God is die enigste Here.

Een van die belangrikste verskille tussen die Joodse godsdiens en die nie-Joodse godsdienste was die hoeveelheid gode wat hul aanbid het. Ander godsdienste het talle gode aanbid, maar die Jode net een God.

Wanneer Jesus sê “Die Here is ons enigste Here,” verklaar Hy dat Jahwe alleen die soewereine, verbondstroue God is wat eksklusiewe, totale liefde en gehoorsaamheid eis – anders as alle ander gode wat beperk, deelbaar en funksioneel is.

Vandag sien en hoor ons ook van baie ander gode wat aanspraak maak op ons tyd en lewe. Dit strek van ander godsdienste deur tot moderne en popularistiese individue en leefstyle.

Daarom is dit noodsaaklik om Jesus se woorde raak te lees: Die Here is die enigste Here vir jou en my lewe. Hy is getrou, liefdevol en barmhartig. Hy ken jou naam en maak aanspraak op jou lewe. Hy roep jou, seën en lei jou tot Eer van Sy Naam.

Gebed:
Here ons enigste Here, U wat alleen God is en geen gelyke het nie, leer ons om U met ons hele hart, siel, verstand en krag lief te hê, en ons lewe in volkome, onverdeelde gehoorsaamheid aan U toe te wy.

Geseënde week.
André
 

 



 


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...