Vraag oor die belangrikste gebod.

 
Teks: Markus 12:28-29 AFR20
Een van die skrifkenners wat hulle hoor redeneer het, het nader gekom. Toe hy sien dat Jesus hulle goed geantwoord het, vra hy Hom: “Watter gebod is die belangrikste van almal?” Jesus het geantwoord: “Die eerste is, ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here.
 
Wanneer ons hierdie vraag lees, is ons geneig om Jesus se eerste deel van Sy antwoord mis te lees: Luister...die Here ons God is die enigste Here.
 
Een van die belangrikste verskille tussen die Joodse godsdiens en die nie-Joodse godsdienste was die hoeveelheid gode wat hul aanbid het. Ander godsdienste het talle gode aanbid, maar die Jode net een God.
 
Wanneer Jesus sê “Die Here is ons enigste Here,” verklaar Hy dat Jahwe alleen die soewereine, verbondstroue God is wat eksklusiewe, totale liefde en gehoorsaamheid eis – anders as alle ander gode wat beperk, deelbaar en funksioneel is.
 
Vandag sien en hoor ons ook van baie ander gode wat aanspraak maak op ons tyd en lewe. Dit strek van ander godsdienste deur tot moderne en popularistiese individue en leefstyle.

Daarom is dit noodsaaklik om Jesus se woorde raak te lees: Die Here is die enigste Here vir my en jou lewe. Hy is getrou, liefdevol en barmhartig. Hy ken jou naam en maak aanspraak op jou lewe. Hy roep jou, seën en lei jou tot Eer van Sy Naam.
 
Gebed:
Here ons enigste Here, U wat alleen God is en geen gelyke het nie, leer ons om U met ons hele hart, siel, verstand en krag lief te hê, en ons lewe in volkome, onverdeelde gehoorsaamheid aan U toe te wy.
 
Geseënde week.
Andrè
                     
 

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...