Hoop wat terugkyk en vorentoe dra


 
Teks: Sagaria 9:9-12
 
Wanneer ’n mens terugkyk, verstaan jy dikwels eers regtig. In Sagaria 9 sien die profeet ’n koning wat nederig op ’n donkie kom – ’n oorwinnaar, maar nie soos die wêreld dit verwag nie. Nie op ’n perd nie, nie met strydwaens, pyl en boog nie. Hierdie koning kies doelbewus die pad van vrede. Vir Sagaria en die profete van die ballingskaptyd was dit onmoontlik om ten volle te begryp wat hierdie Vredeskoning sou beteken. Eers later, met die terugkyk, word die prentjie duideliker.

Toe Jesus op ’n donkie Jerusalem binnekom, terwyl militêre mag en vertoon elders die stad binnegetrek het, het God se bedoeling begin oopgaan: nie ’n aardse magspel nie, maar ’n hemelse koninkryk. Nie oorwinning deur geweld nie, maar deur liefde, gehoorsaamheid en selfoorgawe. Só lyk God se hoop – anders as wat ons verwag, maar altyd dieper en voller.

                                      (Met erkenning aan Ds. Heloïse Herbst, verwerk en verkort.)
 
Aan die einde van Januarie staan ons ook en terugkyk. Party van ons sien kronkels, moeilike besluite, selfs seer oomblikke. Maar as ons eerlik kyk, sien ons ook God se hand wat dra, Sy genade en geduld wat lei, Sy liefde wat nie los nie. Dis daardie goue draad wat deur alles loop, wat hoop wakker maak.

En juis omdat ons kan terugkyk en God se trou raaksien, kan ons vorentoe beweeg met vaste hoop en sekerheid. Nie omdat alles maklik gaan wees nie, maar omdat die Vredeskoning reeds gekom het – en steeds regeer.

Mag jy hoopvol na 2026 kyk, en die pad vol hoop loop. Mag hierdie Hoop jou lewe, en ons gemeente vul vir die jaar wat voorlê.

Andrè
 
Gebed:
Here, dankie dat ons U trou kan raaksien wanneer ons terugkyk. Vul ons met vaste hoop vir die pad vorentoe, en leer ons om met vertroue en vrede hierdie nuwe jaar saam met U te leef. Amen.
 
 

 



 


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...