Hoop en verwagting

 
Wanneer ons na die Bybel kyk, is Bybelse hoop die vaste oortuiging dat God Sy beloftes gaan vervul – dit is ’n versekering van wat sal gebeur.  Wanneer ons in Jeremia 29:11 (Die Boodskap) lees: “Ek weet wat Ek vir julle in gedagte het. Ek beplan dat goeie dinge met julle sal gebeur en nie slegte goed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.” het dit eintlik niks te maak met aardse welstand en rykdom of dat dit net die heeltyd met ons goed moet gaan nie. Hierdie woorde wil eerder stel, dat in plaas daarvan dat die volk op ’n spoedige herstel bly hoop, hulle eerder aan hul verhouding met God moet werk.

Hoekom? Want, soos Ds Retha Losper verduidelik, vertrouensverhoudings bring hoop vir die toekoms, en sonder ’n goeie en sterk verhouding met God, kan ’n mens eintlik nie hoop hê vir die toekoms nie.
 
Mense vra: Is daar hoop? Dalk is die meer akkurate vraag: Wat sien mense as hoop?
Betekenisvolle gemeenskappe genereer hoop omdat daar basiese vertrouensverhoudinge tussen mense bestaan. Ons moet vir mekaar hoop gee – ons moet hoop met mekaar deel. (Ds Retha Losper)

Jou verhouding met God kan ’n lig word vir iemand wie se geloof gewond is. Wanneer ons, ons stories van hoop deel – stories wat deur stilte, twyfel en moedelose dae gevorm is – gebruik God dit om nuwe hoop te laat ontkiem.

Só word ’n pad wat saam met God gestap is, vir ander ’n uitnodiging om hulle verhouding met Hom weer te herstel.

Só bring ’n herstelde verhouding met God – ook in ons eie lewens – hoop vir die toekoms, en nooi dit ons om ons geloofspad van hoop met ander te deel, ongeag wat voorlê.
Só vind ons 'n verwagting vir ons toekoms (Afr 1983)
 
Gebed:
Here, U ken die planne wat U vir ons het—planne van hoop en ’n toekoms. Leer ons om U te vertrou, selfs wanneer ons nie die pad kan sien nie. Amen.

 
Andrè
                     
 

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...