Alles In Hoop.


Aan die begin van ’n nuwe jaar staan ons dikwels met gemengde gevoelens. Ons kyk terug na 2025 met sy vreugdes én sy seer, sy oorwinnings én sy teleurstellings. Party dinge het ons gevorm, ander het ons moeg gemaak. Tog begin ons Januarie nie met ontkenning van die verlede nie, maar met perspektief. Ons bely eerlik: ons verstaan nie alles wat agter ons lê nie, en ons weet nie presies wat voorlê nie. Maar juis hier, op die kruispad tussen gister en môre, kies ons om na 'Alles In Hoop' te kyk.
 
Hoop, soos die Bybel dit teken, is ’n vaste vertroue wat rus in Wie God is. Die Psalmdigter sê: “Waarom is jy so onrustig, my siel… Hoop op God, want ek sal Hom weer loof” (Psalm 42:6). Hoop is ’n geloofsdaad – om jou hele lewe, jou gesin, jou werk en jou toekoms in God se hande te plaas. In ’n wêreld vol onsekerheid, veranderende omstandighede en onbekende paaie, verklaar ons saam: God is nie net deel van ons hoop nie; God ís ons hoop!
 
Met “Alles in…” as ons jaarfokus, begin ons bewustelik: Alles in Hoop. Alles in God. Alles in Sy trou. Ons gee nie die nuwe jaar oor aan vrees of selfbeheer nie, maar aan die Here wat gister, vandag en môre dieselfde is. “U is my hoop, Here my God, my vertroue van jongs af” (Psalm 71:5). Mag hierdie waarheid ons dra, rig en bemoedig – elke dag van die jaar wat voorlê.
 
Gebed:
Here, ons bely dat ons so maklik op onsself vertrou en onseker raak oor die toekoms. Vandag lê ons alles weer in U hande. Wees U ons hoop, ons rus en ons vertroue. Leer ons om elke dag, in alles, op U te hoop. Amen.


Andrè
 


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...