Die Herders se Beweging en Getuienis
God se Aksie is dinamies — dit skuif, beweeg, verras. Hy kies Betlehem, nie Jerusalem. Hy kies ’n nederige stal, nie ‘n paleis. Hy kies gewone mense. God se redding is nooit vêr weg nie; dit kom tot op die velde waar herders waghou. God se koms is die deurbreek van hoop in gewone lewens. Karl Barth skryf: “
God’s Word became flesh — not idea, not theory, but flesh.” Dít verander alles.
Die herders het nie gewag nie — hulle het gesê.
“Kom ons gaan kyk!” (Luk. 2:15) Hulle beweeg na die lig, en keer terug as die eerste sendelinge van Kersfees: hulle vertel, deel, prys God vir die grootste Geskenk. Hulle wys vir ons dat geloof nie staties is nie — dit het hande en voete. En wanneer jy Jesus ontmoet, kan jy nie stil bly nie.
Kersfees roep ons tot beweging:
in
vertroue — ek volg waar Hy lei.
met
waarheid — ek leef eerlik en gehoorsaam.
om te
lewe — ek word ’n getuie van hoop.
God se Aksie roep vir ’n dinamiese antwoord in my en jou alledaagse lewe.
Gebed:
Here, stuur ons.
Laat ons beweeg in geloof.
Laat ons vertel van U lig.
Laat ons leef in U lewe.
Amen.
Andrè
Vorige Briewe
| Ysterklippe en veldblomme | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid | | Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…. | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Winde van verandering | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| Wese van goeie dade | | Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat.
More ...
|
|
| |
|