Die Wyse Manne wat Soek, Vind en Aanbid

 
Die Wyse Manne wat Soek, Vind & Aanbid

 
Op die vooraand van Kersdag staan ons weer verbaas: God het na ons toe gekom. Hy hou Sy beloftes. Hy bring lig vir nasies. God se Aksie is universeel — Hy roep sterrekykers van vêr, mense buite Israel, mense soos ons. As Augustinus sê: “Our hearts are restless until they rest in You.”, bedoel; hy eenvoudig – God se koms is die antwoord op ons soeke.
 
Die sterrekykers volg ’n lig wat hulle nie verstaan nie — maar hulle vertrou. En dit bring hulle by Jesus: Kind, Koning, Verlosser. Hulle aanbid Hom. Hulle bring geskenke — nie uit verpligting nie, maar uit eerbied. Hulle wys vir ons dat om te soek, te vind en te aanbid altyd saamstaan. Kersfees maak van ons soekers… wat uiteindelik rus vind by die krip.
 
Ons antwoord is dieselfde uitnodiging:
Ek vertroue en ek volg die Lig.
Ek erken die waarheid en ek buig voor die Koning.
Ek kies die Lewe en ek gee die beste van myself vir Hom.
Kersfees vra nie perfektheid nie — dit vra net ’n oop hart wat kan ontvang.
 
Gebed:
Here Jesus, op hierdie heilige dag en aand kom soek ek U. Laat my U vind, aanbid en volg. Vul my met U lig. Amen.
 
Andrè
                     
 

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...