Die Engele - Anbidding & Vrede



 
Wanneer God beweeg, bring Hy lig in donker ruimtes. Sy Aksie in Christus is nie net ’n historiese gebeurtenis nie — dit is die deurbreek deur duisternis met Hemelse Lig. God neem die eerste tree: Hy kom as Immanuel, Hy word mens, Hy herstel beloftes, Hy bring vrede. Dietrich Bonhoeffer skryf: “God comes to us disguised as weakness.” Só stap God die wêreld binne in Betlehem — en die hemel kon dit nie stil hou nie.
 
Op die nag van Jesus se geboorte bars die hemel oop: “Eer aan God… vrede op aarde.” (Luk. 2:14) Die Engele se reaksie is suiwer aanbidding. Hulle word die eerste verkondigers van die Evangelie. Hulle wys vir ons: ware aanbidding begin waar ons oë oopgaan vir God se werklikheid — dat Hy naby is.
 
Ons antwoord op God se Aksie kan nooit neutraal wees nie. Soos die Engele reageer ons met oorgawe – in vertroue, waarheid en lewe. Ons dra vrede — omdat Christus ons vrede is. Ons word mense wie se lof groter is as ons vrees.
 
Gebed:
Here, leer ons om saam met die Engele te buig in aanbidding. Maak ons draers van U vrede in ’n wêreld wat dors is. Amen.
 
Andre








 


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...