Die Anker van Versoening


Teks: 1 Thessalonisense 5:9

 
Met Advent wat nou voor die deur staan, voel ek elke jaar weer hoe die Here ons nooi na ’n dieper plek van hoop waarin ons onsself kan anker. Want Advent is nie net mooi liggies en ’n paar bekende liedjies nie — dis God wat sê: Ek kom weer lig bring.
 
1 Thessalonisense 5:9 herinner ons: “God het ons nie bestem om gestraf te word nie, maar om verlossing te ontvang deur Jesus Christus.” Dít is ons hoop — dat Jesus gekom het, en weer kom, om alles nuut te maak.
 
Hierdie hoop is ons anker, en loop hand aan hand met versoening. Wanneer ek met ander vrede maak, wanneer ek ’n brug bou waar daar ’n kloof was, dan leef ek al klaar in die lig van die Een wat gebore was in ’n stal. C.S. Lewis sê so treffend:
“The Son of God became a man to enable men to become the sons of God.”

Elke daad van vrede, elke herstelde verhouding, elke klein versoeningsgebaar… dis Advent in praktyk. Die Here wil jou lewensanker wees. Dalk wil die Here jou in hierdie week gebruik om hoop en heelheid in iemand anders se lewe te bring.
 
Mag jy hierdie laaste November-week gebruik, om reg te wees, om Advent stadig, nederig, seker en hoopvol in te gaan.
 
Gebed:
Here, U is my rots en anker. Dankie vir die hoop van U verlossing. Maak my ’n draer van vrede en versoening, sodat ek met ’n oop hart U koms kan verwelkom. Amen.
 

Andre




 


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...