Vryheid van Vergifnis.

 
Teks: Efesiërs 4:32
Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.

Ons is nou in die laaste 2 weke van November. Dit is daardie tyd waar die jaar begin jaag en hyg, en ons stilweg voel: Advent is op pad. Maar voorbereiding begin nie by die kersboom, adventskrans of liedere nie. Dit begin by die hart.
 
Soos ons, ons harte voorberei vir die koms van Christus, nooi die Adventseisoen ons om die opgehoopte rommel van bitterheid en kwaad weg te gooi. Vergifnis is nie net ’n daad van vriendelikheid teenoor ander nie; dit is ’n diepgaande geskenk wat ons aan onsself gee — ’n vrylating uit die gevangenis van ons woede en pyn. Lewis Smedes stel dit mooi:
“To forgive is to set a prisoner free, and to discover that the prisoner was you.”
Die oproep van Johannes die Doper: “Berei die weg van die Here” is ’n oproep om die growwe en harde rande van ons harte, wat deur hardkoppigheid en onvergewensgesindheid gevorm is, gelyk en sag te maak. God het, in sy grenslose genade, ons onmeetlike skuld deur Christus vergewe. Wanneer ons dieselfde genade aan ander betoon, maak ons ruimte vir Sy vrede om in ons lewens te regeer.

Dan word die uitnodiging en uitdaging van Efesiërs 4:32 ‘n meer haalbare herinnering vir ons: “Wees vriendelik en barmhartig teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle in Christus vergewe het.”
 
So… wie of wat moet jy vanjaar nog laat gaan? Watter verhouding moet jy reggemaak, voordat jy voor die Krip gaan staan?
Laat ons kies, om in hierdie Advent, ons ou wonde te laat gaan en te laat genees, en te vertrou dat God se genade genoeg is om selfs ons diepste wonde te heel. Mag Hy jou gereed maak om die Vredevors met ’n skoon hart te ontvang.
 
Geseënde week
Andre
 
Gebed:
Here, help my om opreg te vergewe. Bereis my hart voor vir U koms. Bring genesing waar daar seer is, sodat ek Advent met ’n skoon en sagte gees kan ingaan. Amen     
     
               

 

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...