Here, Bron van alle lig.


Guy Fawkes en 'Bonfire Night'

Teks: Matt. 5:14,16
 
“Bonfire Night” vind sy oorsprong in ’n tyd van vrees en verdeeldheid. Guy Fawkes se optrede was ’n poging tot geweld wat uit die godsdiens-stryd tussen die Rooms Katolieke en die Protestante gebore is. Maar vandag, eeue later, het dit vir baie Christene ’n ander betekenis gekry. Wanneer die vuur warm brand en die koue November-lug met lig opvlam, kry ons kans om te dink aan iets dieper – wat ons verhoudinge verlig in vergifnis.
 
Die groot vuur en kleurvolle vuurwerke herinner my aan God se teenwoordigheid – ’n warm lig in ’n koue wêreld wat vreugde bring. Jesus sê: “Julle is die lig vir die wêreld... Laat julle lig so voor die mense skyn dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader in die hemel verheerlik.” (Matt. 5:14,16). Ons vier nie net vuur en vonke nie – ons vier die Lig wat nooit uitdoof nie.
 
En, miskien herinner dié aand ons ook aan vergifnis. Waar daar eens haat en wantroue was, roep Christus elkeen van ons om te vergewe, om vrede te soek, om genade te gee – soos ons self genade ontvang het. So word ’n koue nag vol vuurwerke ’n aand van geloof, vrede en gemeenskap.
 
Gebed op Bonfire Night:
Here, Bron van alle lig,
Dankie vir die warmte van vriendskap en vir die skoonheid van U skepping.
Laat die vlamme en vuurwerke van vanaand ons herinner aan Jesus – die ware Lig van die wêreld.
Help ons –  om U lig te weerspieël waar daar donker is,
om te vergewe waar daar seer is,
en om ‘n gemeenskap te bou waar daar verdeeldheid mag wees.
Mag ons lewens ’n helder getuienis van U liefde wees.
In Jesus se Naam.  Amen.

André

 

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...