Ek as dienskneg in God se huis.
Teks: Johannes 13:3–14
By die afgelope tiener naweke van ons gemeente was daar ’n aangrypende aktiwiteit waar tieners se voete gewas is. Ongemak en stilte het ingetree, maar die skaamte is vervang met eerbied en ontmoeting. Daardie eenvoudige daad het iets van Jesus se hart sigbaar gemaak: ware leierskap begin by diens.
In Johannes 13 lees ons hoe Jesus self die dissipels se voete was — die Here van hemel en aarde wat die houding van ’n dienskneg aanneem. Wat opvallend is, is nie net dat Hy dien nie, maar waarvandaan Hy dien. Hy doen dit “in die wete dat die Vader alles in sy hande gegee het.” Jesus was, omdat Hy wéét wie Hy is.
Ons dien dus nie omdat ons minderwaardig is of nie weet wat om te doen nie. Ons dien omdat ons kinders van God is — erfgename in Sy huis. Vanuit hierdie ere-posisie buig ons neer, nie om onsself te verneder nie, maar om Christus se liefde konkreet te leef, tot Sy eer.
Wanneer jy dus kerk toe kom of gaan, of selfs net jou dag aanpak, vra: “Waar kan ek vandag iemand se voete was?” — nie noodwendig letterlik nie, maar deur ’n woord, ’n diens, ’n gebed of ’n bietjie tyd om te luister en aandag te gee. Dis hoe God se werk deur ons vloei in die wêreld in.
(Met gedeeltelike erkenning – Ds Thomas Dreyer, Malelane)
Gebed:
Here Jesus, leer my om te dien met ’n hart vol dankbaarheid. Help my om te onthou dat ek U kind is, geroep om ander te dien met liefde en nederigheid. Amen.
Geseënde week,
André
| Ysterklippe en veldblomme. | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid. | | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Woorde wat bly | | Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank.
More ...
|
|
| Winde van verandering. | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|