Die evangelie – die krag van verlossing



Op hierdie komende Sondag se Hervormingsfees herdenk ons die begin van die Protestantse Hervorming. Die kern van dié beweging was die herontdekking dat die evangelie die krag van verlossing bevat vir elkeen wat glo. In Romeine 1:16 lees ons: Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood.
 
Martin Luther, en die ander Hervormers, het hierdie waarheid weer voorop gestel teenoor die wanpraktyke en korrupsie van hul tyd. Hulle het benadruk dat verlossing slegs deur geloof in Jesus Christus kom, en nie deur menslike werke of kerkgebruike nie. Hierdie herontdekking het die kerk gesuiwer en die fokus teruggeplaas op God se werk in Christus. Die Hervorming herinner ons aan die noodsaaklikheid van die Skrif alleen (sola scriptura), geloof alleen (sola fide), genade alleen (sola gratia), Christus alleen (solus Christus), en die eer van God alleen (soli Deo gloria). Hierdie beginsels rig ons vandag nog in ons geloof en praktyk.
 
Die boodskap van Romeine 1: 16-17 daag ons uit om onbeskaamd te getuig en met volle vertroue die evangelie te deel. Ons leef in ’n wêreld wat verlore is, waar baie mense smag na hoop en verlossing. Soos Paulus ons aanmoedig om nie skaam te wees oor die evangelie nie, herinner die Hervorming ons aan ons roeping om die lig van Christus in ’n donker wêreld te wees.
 
Gebed:
Here, dankie vir die krag van u evangelie wat ons verlos. Help ons om altyd daarop te vertrou en dit met vrymoedigheid te verkondig. Gee ons die moed om staande te bly in ons geloof, ongeag die uitdagings wat ons in die gesig staar. Mag ons deur ons woorde en dade die liefde van Christus weerspieël en ander na U toe lei.

Ons bid vir herlewing in ons eie lewens, in ons gemeentes, en in ons gemeenskap. Mag die waarhede van die Hervorming ons lei en inspireer om U Naam te verheerlik in alles wat ons doen. Amen.


Met erkenning – Ds Rue Hopley, Pretoria-Oos
 
Geseënde week.
André






 


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...