Krag van die Oes.


Wanneer ons as Gemeente in Oktober reflekteer oor 'Harvest' en die oes van die jaar, dink ons nie net aan graan en vrugte nie, maar aan die vrug van God se goedheid wat ons elke dag beleef. Hier, vêr van die landerye, bring ons steeds ons “oesmandjies” — nie vol koring of mielies nie, maar vol dankbaarheid, liefde en geloof.

 Ons sien dit in hoe ons met mekaar omgaan en dra: in ‘n warm ete vir iemand wat swaar kry, in die glimlag waarmee lidmate by die kerk inloop, en in die bereidheid van mense om te gee, te help en te dien. Só lyk die oes van geloof — ’n lewe wat oorloop van dankbaarheid en barmhartigheid.

 In ons “Power of 5” preekreeks oor die vyf Solas van die Reformasie, hoor ons dat die Skrif ons leer dat geloof nie net iets is wat ons binne ons hou nie, maar iets wat uit ons vloei. Ware geloof word sigbaar in dade van liefde. Die Skrif sê:
“So is geloof alleen, as dit nie op dade uitloop nie, dood.” (Jakobus 2:17)
 
 Wanneer ons dus 'Harvest Festival' vier, erken ons dat alles wat ons het – elke asem, elke brood, elke dag – uit God se genade kom. Daarom nooi ek jou uit om saam met ons te vier, te gee, en só deel te wees van God se groter oes: ‘n gemeente wat die Here eer deur om te sien na ander.

 Dankie aan almal wat reeds met liefde voorberei, deelneem en gee – vir julle hande, tyd en harte wat met krag die “Harvest“- fees moontlik maak.

 Here van die oes,  U is die Bron van elke seën en elke vrug.
Leer ons om met dankbare harte te leef,
met oop hande te gee, en met sagte oë na ander om te sien.
Laat ons lewe ’n getuienis wees van U genade – dat die wêreld mag sien:
U is goed, altyd.

Amen.
 
Geseënde week,
André

 

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...