Krag van die oes



Wanneer ons as Gemeente in Oktober reflekteer oor 'Harvest' en die oes van die jaar, dink ons nie net aan graan en vrugte nie, maar aan die vrug van God se goedheid wat ons elke dag beleef. Hier, vêr van die landerye, bring ons steeds ons “oesmandjies” — nie vol koring of mielies nie, maar vol dankbaarheid, liefde en geloof.
 
Ons sien dit in hoe ons met mekaar omgaan en dra: in ‘n warm ete vir iemand wat swaar kry, in die glimlag waarmee kinders by die kerk inloop, en in die bereidheid van mense om te gee, te help en te dien. Só lyk die oes van geloof — ’n lewe wat oorloop van dankbaarheid en barmhartigheid.
 
In ons “Power of 5” preekreeks oor die vyf Solas van die Reformasie, hoor ons dat die Skrif ons leer dat geloof nie net iets is wat ons binne ons hou nie, maar iets wat uit ons vloei. Ware geloof word sigbaar in dade van liefde.
Die Skrif sê:
“ So is geloof alleen, as dit nie op dade uitloop nie, dood.” (Jakobus 2:17)
 
Wanneer ons dus Harvest Festival vier, erken ons dat alles wat ons het – elke asem, elke brood, elke dag – uit God se genade kom. Daarom nooi ek jou uit om saam met ons te vier, te gee, en só deel te wees van God se groter oes: ‘n gemeente wat die Here eer deur om te sien na ander.
 
Dankie aan almal wat reeds met liefde voorberei, deelneem en gee – vir julle hande, tyd en harte wat met krag die “Harvest“- fees moontlik maak.

 
Here van die oes,  U is die Bron van elke seën en elke vrug.
Leer ons om met dankbare harte te leef,
met oop hande te gee, en met sagte oë na ander om te sien.
Laat ons lewe ’n getuienis wees van U genade – dat die wêreld mag sien: U is goed, altyd.
Amen.
 

 
Geseënde week.
Andre






 


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...