Lewende stene wat getuig.
Teks: 1 Petrus 2:5
'en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus'
In die Ou Testament was die tempel ’n plek van ontsag en Heiligheid – die woonplek van God op aarde. Mense het dit met eerbied besoek, want hulle het geweet: God is hier teenwoordig. Die tempel het met sy skoonheid en grootheid getuig van God se Majesteit.
Met die koms van Christus het alles verander. God se teenwoordigheid is nie meer beperk tot ’n gebou van klip en goud nie. Ons kerkgeboue herinner ons vandag aan Sy nabyheid – maar dit is nie die mure of die dak wat Sy teenwoordigheid dra nie. Dit is die mense binne-in wat saamkom om Hom te aanbid.
Petrus sê: “Julle is lewende stene wat opgebou word tot ’n geestelike huis.” (1 Pet. 2:5).
Ons is nie dooie klippe nie, maar lewende getuies – mense deur wie God se lig skyn. Die wêreld moet in ons woorde en dade iets sien van Jesus self: Sy liefde, vergifnis, genade en waarheid. In moeilike tye bly ons Liefhê, bly ons Vergewe, bly ons Hoop bring. So word ons lewende stene in God se groot gebou – ’n tempel wat Sy teenwoordigheid dra in elke straat, huis en hart waar ons leef.
Gebed:
Here, bou my lewe in U huis. Laat my ’n lewende steen wees wat U lig weerkaats – in my gesin, my werk en my gemeente. Laat mense deur my U teenwoordigheid raaksien. Amen.
Geseënde week,
André
| Ysterklippe en veldblomme. | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid. | | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Woorde wat bly | | Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank.
More ...
|
|
| Winde van verandering. | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|