Ryk by God.


Skrif: Lukas 12:21 – “So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.”
 
Die gelykenis en les van die ryk dwaas bring ons by die kern van rentmeesterskap: ons is nie eienaars nie, ons is bestuurders van God se gawes. Om ryk by God te wees, is meer as goeie beplanning of vol skure – dit is om alles te sien as ‘n gawe uit God se hand en te leef as ‘n geleentheid in die lig van Christus se vryheid.
 
Die Reformasie het hierdie waarheid belig en weer helder laat skyn. Die vyf Solas het ontstaan vanweë verantwoordelike rentmeesterskap en dit herinner ons: deur genade alleen (Sola Gratia) en deur geloof alleen (Sola Fide) word ons gered, deur Christus alleen (Solus Christus) wat ons Middelaar is, deur die Skrif alleen (Sola Scriptura) wat ons lei, en alles is tot God alleen die eer (Soli Deo Gloria).
 
Ons lewe as rentmeesters staan nie los van hierdie geloofswaarhede nie – dit vloei daaruit voort. Want wanneer ons verstaan dat alles genade is, word ons rentmeesters van genade, geloof en lewe self. Ons lewe as rentmeesters is verbind tot ons lewens aan Christus.
 
Geseënde week,
André

Gebed:
Here, maak my ryk in U. Laat my as rentmeester leef tot U eer – in geloof, in liefde, en in gehoorsaamheid aan Christus alleen. Amen.
 

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...