Beleef die Vryheid



Lukas 14:33 – “So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie afstand doen van al sy besittings nie.”
 
 
Ons dink dikwels vryheid lê daarin om onafhanklik te wees en self oor alles te besluit. Maar Jesus wys dat dit eintlik slawerny is – slawerny aan myself en aan my besittings. Die ryk dwaas het net oor homself gepraat: ek sal afbreek, ek sal bou, ek sal opgaar. God noem hom ’n dwaas.
 
Moeder Teresa herinner ons: “Wanneer ’n arm mens van honger doodgaan, is dit omdat ons nie instrumente in God se hande was nie.” Ware vryheid lê daarin om dit wat ons het – tyd, geld, gawes – oop te maak in diens van God se koninkryk. Dan is ons nie meer vasgevang in selfbehoud nie, maar vry om in gehoorsaamheid en vreugde te leef.
 
Geseënde week,
André




 


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...