Beleef die Vryheid.
Skrif: Lukas 14:33 – “So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie afstand doen van al sy besittings nie.”
Ons dink dikwels vryheid lê daarin om onafhanklik te wees en self oor alles te besluit. Maar Jesus wys dat dit eintlik slawerny is – slawerny aan myself en aan my besittings. Die ryk dwaas het net oor homself gepraat: ek sal afbreek, ek sal bou, ek sal opgaar. God noem hom ’n dwaas.
Moeder Teresa herinner ons: “Wanneer ’n arm mens van honger doodgaan, is dit omdat ons nie instrumente in God se hande was nie.” Ware vryheid lê daarin om dit wat ons het – tyd, geld, gawes – oop te maak vir diens in God se koninkryk. Dan is ons nie meer vasgevang in selfbehoud nie, maar vry om in gehoorsaamheid en vreugde te leef.
Geseënde week,
André
Gebed:
Here, bevry my van die slawerny van my-self. Maak my ’n vry rentmeester wat U dien en ander liefhet met alles wat U aan my gee. Tot U eer. Amen.
Vorige Briewe
| Ysterklippe en veldblomme. | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid. | | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Woorde wat bly | | Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank.
More ...
|
|
| Winde van verandering. | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|