Ontdek die Vrede



Lukas 12:15 – “Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want ’n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.”

 
Gierigheid het verskillende maskers. Soms lyk dit soos ’n geregverdige strewe na sekuriteit, soms soos vooruit beplanning, en soms selfs soos “selfsorg.” Maar agter al die maskers skuil ’n hart wat sy vrede in dinge soek, eerder as in God en Sy opdragte.
 
Die ryk dwaas het sy vrede probeer vind in groter skure en die voorsiening vir jare vooruit. Maar God herinner hom: 'jou lewe lê nie in jou goed nie, maar in My hand.' Paulus skryf in 1 Timoteus 6:17 dat rykdom onseker is, en dat ons hoop op God alleen moet rus, want in Hom ontdek ons ware Vrede tot in ewigheid.
 
Augustinus het dit raak gestel: “Ons hart is onrustig totdat dit rus vind in U.” 
Rentmeesterskap gee rus omdat dit ons herinner dat ons nie eienaars is nie, maar bestuurders van wat aan God behoort. Wanneer ons Sy hand in alles erken, ontdek ons ’n Vrede wat geen bankbalans kan gee nie.
 
Geseënde week,
André
 
Gebed :
Here, bring my hart tot rus in U. Leer my om my vrede nie in skure of besittings te soek nie, maar in U liefde en sorg. Amen.





 


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...