Ontdek die vrede.

Skrif: Lukas 12:15 –

“Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want ’n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.”
 

Gierigheid het verskillende maskers. Soms lyk dit soos ’n geregverdige strewe na sekuriteit, soms soos vooruit beplanning, en soms selfs soos “selfsorg.” Maar agter al die maskers skuil ’n hart wat sy vrede in dinge soek, eerder as in God en Sy opdragte.
 
Die ryk dwaas het sy vrede probeer vind in groter skure en die voorsiening vir jare vooruit. Maar God herinner hom: 'jou lewe lê nie in jou goed nie, maar in My hand.' Paulus skryf in 1 Timoteus 6:17 dat rykdom onseker is, en dat ons hoop op God alleen moet rus, want in Hom ontdek ons ware Vrede tot in ewigheid.
 
Augustinus het dit raak gestel: “Ons hart is onrustig totdat dit rus vind in U.” Rentmeesterskap gee rus omdat dit ons herinner dat ons nie eienaars is nie, maar bestuurders van wat aan God behoort. Wanneer ons Sy hand in alles erken, ontdek ons ’n Vrede wat geen bankbalans kan gee nie.
 
Geseënde week,
André
 
Gebed :
Here, bring my hart tot rus in U. Leer my om my vrede nie in skure of besittings te soek nie, maar in U liefde en sorg. Amen.

 

Vorige Briewe 

 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...