Die rol van geloof in gebed


Markus 11:24 
“Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.”
 
Geloof maak gebed lewend. Sonder geloof word gebed ’n formaliteit, maar met geloof word dit ’n ontmoeting met God se krag. Geloof sê: “Here, ek vertrou U, selfs as ek nie verstaan nie.” Hierdie vertroue verander hoe ons bid en hoe ons wag vir God se antwoord.
 
Jesus leer in ons in Markus 11, dat gebed jou eerste reaksie moet wees en nie ’n laaste uitweg nie. Dit beteken nie dat ons kry wat ons vra nie – dit beteken God werk op maniere wat ons dikwels eers later verstaan.

Ulrich Zwingli sê: “Ware gebed is nie blote woorde nie, maar ’n uitroep van die hart wat God se wil soek bo alles.” Geloof in gebed soek nie my wil nie, maar God s’n. Dit gee vrede, selfs wanneer die antwoord “wag” of “nee” is.
 
In ’n wêreld van selfdoen en selfvertroue herinner gebed-in-geloof ons dat ons afhanklik is van God se Hand. Dit gee hoop waar dinge hopeloos lyk.

Here, versterk my geloof wanneer ek bid. Leer my om met verwagting en nederigheid te vra, en U antwoorde te ontvang met ’n oop hart. Amen.
 
Andrè



 


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...